Bible Society of South Africa

God

Die algemene woord vir “god” in Hebreeus is

El

. Dieselfde woord is ook die naam vir ʼn Kanaänitiese god. In die Ou Testament is

El

nog ʼn naam vir JHWH. Die meervoud van hierdie woord (

Elohiem

in Hebreeus) is die algemeenste naam wat vir die God van Israel in die Ou Testament gebruik word.

Die God El in Ugarit

Die meeste van ons inligting oor die god

El

is afkomstig uit Ugaritiese tekste wat rondom 1400 v.C. geskryf is. Hulle hou

El

voor as die hoogste godheid, die hoof van ʼn versameling gode (ook genoem ʼn “panteon”, sien gode en geeste).

El en JHWH

In die Ou Testament word JHWH (die HERE) voorgehou as die enigste God. In hierdie voorstelling het JHWH, as die God van Israel,

El

se posisie heeltemal oorgeneem. Die woord

Elohim

, die meervoud van

El

, word gewoonlik vir God gebruik.

Kombinasies met El

Die woord

El

word ook gebruik in sekere kombinasies, soos:

Die woord kan ook gevind word in die name van mense soos Israel, Samuel en Elia, sowel as in ʼn pleknaam soos Bet-El, wat “huis van God” beteken.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS