Bible Society of South Africa

God as heilig

In die Bybel word God as heilig beskryf. Maar daar is ander wesens, mense, voorwerpe en sake wat ook heilig genoem word. Dit maak dit duidelik dat hulle vir God afgesonder is.

God as heilig

God word in die Ou Testament omtrent ʼn honderd keer “heilig” genoem. In 36 gevalle word die uitdrukking “die Heilige van Israel” gebruik.



In sommige boeke speel God se heiligheid ʼn geringe rol, soos in Deuteronomium waar die hooffokus op die heiligheid van die volk is. In ander boeke is God se heiligheid ʼn baie belangrike tema, byvoorbeeld in Jesaja waar God se heiligheid sterk gekontrasteer word met die sondes van die volk.

Heilige wesens en voorwerpe

In die Ou Testament word “heilig” op verskillende maniere gebruik. Dit kan verwys na:

  • wesens wat in die teenwoordigheid van God is (bv in Daniël 8:13;
  • mense wat God afgesonder het vir sy diens (veral die volk Israel: sien bv Eksodus 19:6 en priesters);
  • dinge wat aan God se diens, veral in die tempel, gewy is;
  • plekke, byvoorbeeld Jerusalem as ʼn heilige stad (Psalm 46:5);
  • tye, byvoorbeeld die sabbat.

Christene as heilig

In die Nuwe Testament word mense en dinge ook heilig genoem. Dit dui aan dat hulle aan God verbind is. Dit sluit Christus en God se Gees in wat ook heilig genoem word.



Wanneer Christene “heilig” of “heiliges” genoem word, dui dit aan dat hulle mense is wat deur God geroep is, mense wat glo in Jesus Christus en wat die gebooie onderhou.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS