Bible Society of South Africa

Here: Kurios

Die Griekse woord kurios beteken “Here”. Hierdie titel word in die Nuwe Testament vir God gebruik, maar is ook ʼn titel vir aardse meesters en heersers.

Kurios

is verder ook een van die belangrike titels wat in die Nuwe Testament aan Jesus gegee word.

“Here” as titel vir God

In die Septuaginta word

kurios

gebruik om JHWH, wat meer as 6 000 keer in die Ou Testament voorkom, aan te dui. Dit is ook een van die weergawes van die Hebreeuse term

Adonai

.


Dit is nie seker van wanneer af die naam van God, JHWH, in die Septuaginta deur kurios vervang is nie. In die tydperk voor Christus is die Naam van God in sommige dele van die Septuaginta nog in Hebreeuse skrif geskryf.


In die Nuwe Testament word die woord

kurios

ook vir God gebruik, byvoorbeeld om, in ooreenstemming met die Septuaginta, die Naam van God in aanhalings uit die Ou Testament voor te stel.

“Heer” as gewone titel

Die woord

kurios

word ook in die Nuwe Testament in ʼn alledaagse konteks gebruik, byvoorbeeld:

Here Jesus

Jesus word as

kurios

aangespreek, net soos ander mans in die Nuwe Testament, en dis soortgelyk aan die woord “meneer”. Maar

kurios

kan ook gebruik word as ʼn titel vir Jesus. Daar bestaan verskillende verduidelikings vir die gebruik van die woord

kurios

as ʼn titel:

  • Die woord sou kon aandui dat Jesus volkome aan God behoort, byvoorbeeld in Filippense 2:6-11, waarin die Naam van God baie belangrik is (vers 9). Maar die Aramese uitroep maranatha (“Kom, Here!” in 1 Korintiërs 16:22) dui dit ook aan, aangesien Jesus “Here” genoem word, wat die Naam vir God is, en die uitroep druk ʼn verwagting van Jesus se wederkoms uit. 
  • Kurios kan ook ʼn uitdrukking wees dat Jesus die Here is en nie die Romeinse keiser of die heidense gode, wat ook kurioi (meervoud) genoem word, nie (sien bv 1 Korintiërs 8:5).


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS