Bible Society of South Africa

Skeibrief

ʼn Skeibrief is ʼn dokument wat ʼn man aan sy vrou gee wanneer hy van haar wou skei.

In die praktyk

Die man moes die skeibrief aan sy vrou in die teenwoordigheid van twee getuies gee. Die brief was bewys dat die vrou nie langer getroud was nie. Op hierdie manier is sy beskerm teen beskuldigings van owerspel as sy weer sou wou trou.

Skeibrief as ʼn metafoor

Die skeibrief is ook gebruik om die gebroke verhouding tussen God en sy volk uit te druk, soos in Jesaja 50:1 en Jeremia 3:8.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS