Bible Society of South Africa

Salwing: Begrafnis

Tydens salwing is olie oor iemand se kop of voete uitgegiet, of liggaamsdele is met olie gesmeer.


Olie is in die Bybel gebruik om die liggaam te was, as parfuum vir vroue en mans, maar dikwels ook met ʼn godsdienstige of rituele betekenis.

Salwing as reiniging

In die oudheid was die invryf van olie deel van liggaamsorg. Dit was die doel daarvan, soos in 2 Samuel 12:20) beskryf word. Toe Dawid weer sy lewe hervat na die dood van sy kind, vryf hy homself in met olie.


In die Bergrede vertel Jesus aan sy dissipels dat hulle hulle gesigte moet was en hulle koppe met olie moet salf wanneer hulle vas (Matteus 6:17, 1933/1953-vertaling).

Salwing as gasvryheid

Salwing kan ook ʼn teken van gasvryheid wees. Dit was waarskynlik ʼn Joodse gebruik om ʼn gas se kop en voete met olie te salf.

Salwing as (toe)wyding

In die Ou Testament is salwing ook ʼn manier om iemand of iets (toe) te wy. Mense of dinge wat gesalf is, is vir God se diens gewy, of dit is ʼn herinnering aan sy teenwoordigheid. Jakob giet olie oor ʼn klip in Bet-El nadat hy op daardie plek oor ʼn leer gedroom het waarop die engele op- en afgaan (Genesis 28:18).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.7
VOLG ONS