Bible Society of South Africa

Hoofbedekking

In bybelse tye het mans en vroue ʼn doek om hulle koppe gedra as ʼn hoofbedekking.

Mans

In Ou Testamentiese tye het mans hulle koppe hoofsaaklik bedek as beskerming teen die son. In die meeste gevalle het hulle ʼn doek om hulle koppe gedraai as soos ʼn soort tulband.


In die Nuwe Testamentiese tye het sekere groepe Jode hulle koppe vir godsdienstige redes bedek, soos wanneer hulle byvoorbeeld gebid het. Paulus sê terloops in 1 Korintiërs 11:4 dat ʼn man nie sy kop moet bedek wanneer hy bid of in die kerk praat nie.

Vroue

Vroue het altyd hulle koppe in die buitelug bedek. Hulle het dikwels ʼn soort tulband gedra, net soos die mans. Hulle kon ook hulle mantel oor hulle koppe trek of hulle het ʼn aparte, korter kopdoek gedra.


Paulus beklemtoon in 1 Korintiërs 11:2-16 dat dit vir vroue verpligtend is om hulle koppe te bedek.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS