Bible Society of South Africa

Gordel

ʼn Gordel was ʼn breë strook materiaal wat om die middel van die lyf gedra is. Dit was gewoonlik van linne gemaak en soms van leer. ʼn Gordel kon oor ʼn tuniek of ʼn mantel gedra word. Die voue van die breë strook materiaal kon gebruik word as ʼn soort sakkie om kleinerige items te dra.

Die gordel as ʼn metafoor

Die vasmaak van die gordel word dikwels gebruik as ʼn simbool vir die gereedmaking vir ʼn reis of ʼn geveg. In Eksodus 12:11 (1933/1953-vertaling), moet die Israeliete die Paasfees vier met hul gordels vasgemaak, hul skoene aan hul voete en hul staf in hul hande.


Met die “gereedmaak vir die stryd” in Nahum 2:1, word die inwoners van Nineve aangepor om hul gordels vas te maak en gereed te maak vir die stryd.


Die gordel kan ook aandui dat iemand oor sekere persoonlikheidseienskappe beskik. Byvoorbeeld in Jesaja 11:5 (1933/1953-vertaling): “En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees.” Dit beteken dat regverdig en met integriteit sal regeer.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS