Bible Society of South Africa

Skrif

Die Bybel bestaan uit geskrewe tekste. Daarom is dit belangrik om die ontstaan van skrif te ondersoek, asook die rol wat dit in die wêreld van die Bybel gespeel het.

Sumeries

Een van die oudste geskrewe tale in die wêreld is Sumeries. Dit is die taal wat in die vierde en vyfde millennium v.C. in oud-Mesopotamië (hedendaagse Irak) gepraat is. Die Sumeriërs het ʼn soort piktogram ontwikkel om die woorde van hulle taal weer te gee. Hieruit het ʼn skryfvorm ontstaan waarna daar vandag as spykerskrif verwys word. Dit het bestaan uit ʼn aantal lettertekens wat ʼn spesifieke lettergreep of woord aangedui het.

Akkadies

Sedert die tweede millennium v.C. het Akkadies belangriker geword as Sumeries. Anders as Sumeries is Akkadies ʼn Semitiese taal, soos Hebreeus, Aramees en Arabies. Beide Akkadies as Sumeries is in spykerskrif geskryf.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS