Bible Society of South Africa

Hebreeus, Aramees en Grieks

Die boeke van die Bybel is in Hebreeus, Aramees en Grieks geskryf.

Hebreeus

Oorspronklik is die boeke van die Ou Testament hoofsaaklik in Hebreeus geskryf. Op daardie tydstip het ʼn Hebreeuse teks anders gelyk as nou. Die verskeie inskripsies wat in die Levant ontdek is, gee ʼn indruk van die Oudhebreeuse skrif.

Aramees

Met verloop van tyd het Aramees belangriker geraak as Hebreeus. Vir eeue lank was Aramees vergelykbaar met wat Engels hedendaags is. Dit was ʼn internasionale taal. Dit het in die sewende eeu v.C. begin, en eeue later – rondom die begin van ons jaartelling – het baie Jode beter Aramees gepraat as Hebreeus.

ʼn Paar gedeeltes in die Ou Testament is in Aramees geskryf:

Grieks

Sedert die tyd van Aleksander die Grote (356-323 v.C.) het Grieks ook ʼn wêreldtaal geword. Die boeke van die Ou Testament is toe in Grieks vertaal. Die oudste Griekse vertaling staan bekend as die Septuagint. Die Nuwe Testament is heeltemal in Grieks geskryf.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS