Bible Society of South Africa

Alfabet

Omstreeks 1500 v.C. het die nasies van die Ou Nabye Ooste begin om ʼn nuwe skryfwyse te gebruik: die alfabet. Dit was waarskynlik die Fenisiërs wat hierdie skryfwyse ontwikkel het. Die alfabet het uit 22 letters bestaan, wat elkeen ʼn spesifieke konsonant aangedui het. Klinkers is nie in die skrif weergegee nie. Hierdie tipe skrif word “alfabet” genoem, en verwys na die eerste twee letters van die Griekse alfabet: alfa en beta.

Die alfabet en die Bybel

In vergelyking met spykerskrif was die (Fenisiese) alfabet baie eenvoudiger. Die alfabetskrif is daarom deur baie volke aangeneem. Hebreeus, asook Aramees en Grieks, het ʼn alfabetskrif geword. Die hele Bybel is dus in alfabetskrif, Hebreeus, Aramees en Grieks geskryf.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS