Bible Society of South Africa
Danny Fourie

Wie is hierdie Man? – Dag 5

God word mens

Bybelteks(te)

7Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Maria, wat nog nooit saam met ʼn man bed toe was nie, raak swanger deur die Heilige Gees. Dit is ʼn belangrike feit. ʼn Gewone mens kan nie die Verlosser verwek nie. Ons kan heelwat dinge doen. Daar word baie knap, magtige en intelligente mense gebore. Met kloning is die mens selfs in staat om ʼn supermens gebore te laat word. Maar ʼn man en ʼn vrou, Josef en Maria, kan self “die Verlosser” nie verwek nie. Daar moet God self, die Heilige Gees, dit doen. As daar iets nuuts moet gebeur, in die geskiedenis of met jou, dan is die Heilige Gees altyd eerste daar.

Jesus word nie in ʼn paleis gebore nie, maar in ʼn beesbak. Skaars was Hy gebore of sy lewe word deur die wrede koning Herodes bedreig. Dosyne onskuldige seuntjies word vermoor en Jesus ontkom deur te vlug. Sy eerste jare het Hy as ʼn vlugteling deurgebring, ʼn asielsoeker in Egipte. Is dit die Verlosser?

Dit is moeilik om te verduidelik hoe wonderlik dit is dat God mens geword het. Dit is moeilik om jou voor te stel dat die Skepper van alle dinge Homself so klein kan maak. Hy word ʼn fetus, ʼn babatjie, wat weerloos in die arms van sy onervare jong ma lê. Hy het Homself “ontledig” skryf Paulus later heel mooi. Die Skepper word ʼn bevrugte eiersel. Die God wat alles in sy mag het en sy mag deur die Ou Testament laat sien het, duik skielik in Israel op: As ʼn baba wat melk drink by sy ma, wie se doek omgeruil moet word en net soos alle ander babas huil.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS