Bible Society of South Africa
Danny Fourie

Wie is hierdie Man? – Dag 4

Is dit die Verlosser?

Bybelteks(te)

23“Die maagd sal swanger word

en 'n Seun in die wêreld bring,

en hulle sal Hom Immanuel noem.”

Die naam beteken God by ons.

MATTEUS 1:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Goed begonnen is half gewonnen, lui ʼn ou Nederlandse spreekwoord. Maar die begin van Jesus se loopbaan op aarde was verrassend en nie iets wat verwag is nie. Die mense het nie verwag dat die Verlosser as ʼn baba na die aarde sou kom nie. Daarom was Jesus vir die Jode een van die baie kleintjies wat die naam Jesus gehad het. Die enigste mense wat in die begin in die Kind geglo het, was ʼn groepie geringe en rowwe herders en ʼn paar sterrekykers uit die Ooste. ʼn Ster het die teken gegee en engele het met ʼn rap-liedjie in staccato losgetrek: “Eer aan God … vrede op aarde … in mense ʼn welbehae.”

Die Jode het iemand totaal anders verwag. Hulle het ʼn verlosser verwag, nie ʼn baba nie. Iemand wat so sterk was dat Hy hulle uiteindelik eens en vir altyd van die ellendige onderdrukkers, die Romeine, sou verlos. Die groepie wyse manne uit die Ooste het verkondig dat ʼn koning gebore is. Dit het soos ʼn veldbrand deur Jerusalem versprei. Waar kan ons die koning van die Jode kry? Koning, koning … wat bedoel julle? En so kom die wyse manne by ʼn klein babakoning aan, êrens in ʼn eenvoudige huisie.

Kan dit die beloofde Verlosser wees? Dit het na ʼn grap gelyk. Die begin van Jesus se lewe was vreemd. Maria, wat nog nooit by ʼn man geslaap het nie, word swanger … deur die Heilige Gees.

Dit is ʼn vreemde begin. Stel jou voor dat jy van ʼn jong vrou in jou gemeente hoor wat ongetroud swanger raak. Dit is iets waaroor mense agter hulle hand praat. Jesus is die seun van ʼn ongetroude vrou — ʼn buite-egtelike kind. Dit is hoe mense dit toe gesien het.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS