Bible Society of South Africa
Danny Fourie

Wie is hierdie Man? – Dag 2

Nog ʼn keer: Wie is hierdie Man?

Bybelteks(te)

15“Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?”

MATTEUS 16:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die man met die lang jas en swart hare het eers net in Kaapstad opgetree, maar later ook oor die hele Suid-Afrika en selfs buite die grense.

Hy was anders. Nederig, en tog het Hy nie oor Hom laat loop nie. Hy was so liefdevol dat jy soms gedink het dit kan nie waar wees nie. Sagmoedig, maar tog baie direk en eerlik. Almal het op die een of ander manier by Hom tuis gevoel. Behalwe die owerhede en van die kerkleiers. Hulle het Hom as ʼn bedreiging vir hulleself gesien.

Sy aanhang het gegroei. Meer mense het na Hom kom luister. Soms moes bykomende busse en treine geskeduleer word. Eers het Hy net Sondae in die Groote Kerk in Kaapstad gepreek. Hy kon preek soos niemand anders nie. Oor heel gewone dinge soos uitgaan, internet, rugby, skool of werk. Later was die Kaapstad Stadion in Groenpunt te klein en moes mense op ʼn reuseskerm buite die stadion na Hom luister. Die owerheid het dit probeer keer en het Hom later verbied om in die openbaar op te tree.

Toe gebeur dit skielik dat Hy vir ʼn paar dae soek was. Daar was ʼn gerug dat Hy deur die veiligheidsdiens vermoor is. Later het Hy weer sy verskyning gemaak en is as ʼn linkse aktivis deur die owerheid en sommige kerkleiers beskou. ʼn Anargis. ʼn Onrusstoker wat net die land in beroering wil bring. Met vals beskuldigings is hy tronk toe gestuur en is vermoedelik daar doodgemaak. Baie soek nog na hierdie Man. Skynbaar leef Hy nog.

Ken jy Hom?

Die Here Jesus is die kern van die Christelike geloof. In Matteus 7:24 sê Hy dat as jy ʼn stewige fondament wil lê waarop jy jou lewenshuis wil bou, moet jy na Hom moet luister. ʼn Mens moet ʼn keuse maak. Jesus is óf ʼn stuk fantasie óf Hy is wie Hy sê Hy is: Die Seun van God. Hy kan lewens verander.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS