Bible Society of South Africa
Danny Fourie

Wie is hierdie Man? – Dag 14

Spreker van verstaanbare taal

Bybelteks(te)

9“Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra,

Jesus het ʼn kind geroep en gesê: “Julle moet soos hierdie kind glo.” “Watter mens onder julle sal vir sy seun ʼn klip gee as hy brood vra? As julle wat sleg is dit nie doen nie, sal julle Hemelse Vader dit immers nooit doen nie.” “Sien die balk in jou eie oog in plaas van die splinter in iemand anders se oog.” So het Jesus gepraat. Hierdie uitspraak het wêreldwyd bekend geword.

Juis deur gewone taal het Jesus gewys dat God in ons alledaagse lewe geïnteresseerd is. Jy kan egter weet dat baie dit simplisties en oneerbiedig gevind het. So praat ʼn mens tog nie oor God nie. Jy vergelyk God tog nie met ʼn boer nie.

In Luther se tyd is daar net Latyn in die kerk gepraat. Die gewone mense het niks daarvan verstaan nie. Hulle het in die kerkbanke gesit en slegs na die geheimsinnige rituele van die priesters, die beelde en skilderye gekyk. Hoe kan ʼn mens dan leer dat dit om ʼn eerbiedige maar ook alledaagse omgang met God gaan? Luther het daarom die Bybel in Duits vertaal en hy het dit in ʼn verstaanbare taal gepreek.

Jesus het dieselfde gedoen. Hy het in gewone verstaanbare taal oor God gepraat. So het God naby mense gekom. Daarom het Jesus ook duisende luisteraars getrek. Hy het die mense geleer dat geloof nie ʼn gewoonte of ʼn ritueel is nie. Hoe Hy gepraat en geleer het, was nuut en skokkend.

Kenmerkend van Jesus se leerstyl was die gelykenisse. Pragtige, beeldende verhale wat deur die mense wat in Hom geglo het, begryp is, maar nie deur mense wat Hom die rug gekeer het nie. Die gelykenisse was ʼn soort geheime taal en op die punt af. Jy kan dit net so oorvertel. Byvoorbeeld, die verlore seun wat met ʼn sak geld en sy Porsche die wêreld intrek.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS