Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Wie is God – Dag 8

Die Waarheid

Bybelteks(te)

19God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie,

'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.

Sou Hy iets sê en dit nie doen nie,

iets belowe en dit nie uitvoer nie?

NUMERI 23:19AFR83Maak oop in die Bybelleser

19Ek het nie in die geheim gepraat

iewers in 'n donker land nie.

Ek het nie aan die nakomelinge van Jakob gesê om My in 'n onbewoonbare land te dien nie.

Wat Ek, die Here, sê, bring redding,

my woorde gee lewe.

JESAJA 45:19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vertel jy leuens? Het jy beloftes gemaak wat jy nie kan hou nie, of waarvan jy dalk vergeet het?

Numeri 23:19 en Jesaja 45:19b verwys juis na daardie eienskap wat die mens wesenlik van God skei, en kontrasteer die gevalle menslike natuur met die goddelike natuur van God. Dit is daardie kwaliteit van waarheid wat so belangrik is en wat mense so moeilik vind om te bereik. Nie alle leuens is noodwendig opsetlik nie. Soms vertel mense leuens om ander te beskerm, of maak ʼn onbesonne belofte net om ʼn moeilike situasie vry te spring, en dan is hulle nie in staat om daardie belofte te hou nie as gevolg van veranderde omstandighede. Maar meestal is dit iets wat mense doelbewus doen, en dan dikwels hulleself en ander in die proses seermaak.

Oral in die lewe sal jy mense vind wat seer het as gevolg van ʼn leuen of leuens. Leuens is nie net beperk tot kinders wat nie van beter weet nie, of misdadigers wat ʼn probleem het om die regte ding te doen, of kompulsiewe leuenaars wat sielkundige probleme het nie. Dit maak geen verskil wat die motivering is nie, leuens gaan hand aan hand met bedrog, pretensie, oneerlikheid, kullery en ander oortredings. Selfs die mees gerespekteerde mense in die mees gerespekteerde plekke is hieraan skuldig.

Hoe wonderlik is God nie! Hy ervaar nooit hierdie probleem nie! Hoekom lieg God nie? Hoekom kom Hy altyd sy beloftes na? Want Hy is volmaak en sy integriteit is deel van wie Hy is. Hy het nie nodig om te lieg nie: Hy hoef aan niemand rekenskap te gee nie; Hy het nie nodig om iemand te beïndruk nie. Hy is goed en Hy is die Een wat volkome betroubaar is. Wanneer Hy iets gesê het, is dit die waarheid en Hy sal nooit sy mening verander nie. Sy integriteit kan nie bevraagteken word nie.

Die mens, intendeel, is altyd aan iemand verantwoordelik (selfs al verkies hy om dit nie te erken nie). Anders as God is die mens swak en feilbaar en bevind hom dikwels in situasies waar hy voel dat hy moet lieg om sy waardigheid te behou, of nie erken dat hy iets verkeerd gedoen het nie, net sodat ander kan dink hy is beter as wat hy regtig is. Wat ʼn jammerte!

Ons moet God persoonlik ken sodat ons daagliks sy absolute waarheid en volmaaktheid in ons stukkende wêreld kan ervaar en met nuwe oë na die wêreld kan kyk. Ons het hierdie lewensveranderende ervaring nodig!

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS