Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Wie is God – Dag 3

Wie is God (3)

Bybelteks(te)

Die besnydenis as verbondsteken

1Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê:

“Ek is God die Almagtige.

Lewe naby My en wees opreg!

GENESIS 17:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

23So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is 'n vriend van God genoem.

JAKOBUS 2:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Wat is die eerste byvoeglike naamwoord waaraan jy dink wanneer jy aan God dink?

Ek dink dit is redelik om te sê dat dit, vir baie mense in die postmoderne wêreld, ʼn woord soos grootheid, krag, heerlikheid, mag, majesteit of prag sal wees — maar vir baie ander, miskien vir diegene wat “sien is glo” onderskryf en wat aan God se bestaan twyfel, sal daar geen geskikte woord wees nie of miskien net ʼn vraagteken. Maar by die gelowige bestaan daar geen twyfel nie — God is Almagtig en niemand is sy gelyke nie.

Vanaf die skepping van die wêreld word God as die Opperwese erken; die Een met wie niks of niemand vergelyk kan word nie want Hy alleen is almagtig, alwetend, alomteenwoordig, en daarom onvergelykbaar! As ons in Genesis lees dat God aan die nege en negentig jaar oue Abram verskyn het en Homself as die Almagtige God aan hom geopenbaar het, verstaan ons dat dit vir Abram ʼn oorweldigende ervaring moes gewees het. Tog het Abram nie gesterf nie! Dit verstom ʼn mens dat die Almagtige God ʼn gewone mens sou kies om mee te praat en om op ʼn groot en wonderbaarlike manier deel te hê aan sy lewe. God het egter ʼn rede vir die besoek aan Abram gehad, want Hy het ʼn ontsaglike groot doel vir sy lewe gehad.

God het besluit om uit Abram ʼn groot nasie te laat voortkom sodat alle mense op aarde deur hom geseën kon word, want deur die Joodse nasie het God Homself in die vorm van Jesus Christus aan die ander volke op aarde geopenbaar. Waar pas jy in? God se besoek aan Abram het sy lewe verander en hy word nou in die geskiedenis as ʼn vriend van God erken. Wat ʼn ongelooflike gedagte: ʼn vriend van die Almagtige God! Is jy sy vriend?

Deesdae besoek God ons deur sy Seun. Dit is net deur Jesus Christus dat ons lewens verander kan word en dat ons Hom kan ken.

Wat sê dit vir ons van God?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS