Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Wie is God – Dag 2

Wie is God (2)

Bybelteks(te)

13U het my gevorm,

my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.

14Ek wil U loof,

want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.

Wat U gedoen het,

vervul my met verwondering.

Dit weet ek seker:

PSALMS 139:13-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Indien dit my taak was om hierdie psalm vir plasing in die Bybel neer te skryf, sou ek waarskynlik vers 14 voor vers 13 geplaas het want my hart loop oor met lof vir God, my Skepper, omdat ek die volmaaktheid van sy handewerk ervaar. Maar dit neem niks weg van dit wat ek voel wanneer ek erken dat Hy my binneste wese geskep het in die warmte en veiligheid van my moeder se skoot nie.

Wat ʼn ongelooflike ding om in die skoot van jou moeder aanmekaargeweef te word; vir elke deel van ons anatomie om in plek geplaas te word om vir nege maande te groei totdat daardie wonderlike oomblik van die geboorte aanbreek! Watter beter plek is daar om beskerm te word, met ongelooflike potensiaal vir versorging en waar ʼn band tussen ma en kind kan ontwikkel? Kan jy jou voorstel hoe dit moet voel om uit ʼn eier te broei wat buite in die tuin lê, of in ʼn dam ronddobber? Kan jy jou die intelligensie voorstel van die brein wat hierdie wonder beplan en uitgevoer het?

Ons as mense aanvaar soveel dinge as vanselfsprekend. Het jy al ooit ʼn oomblik geneem om die wonderlike manier waarop ons liggame werk, te oordink? Nie net is daar groot getalle selle wat met presisie op elke oomblik van elke dag en elke nag werk om te verseker dat alles funksioneer om ons aan die lewe te hou nie, maar ook om kwaliteit van lewe te verseker.

Ons het ʼn verstand om te dink, ʼn hart om emosie te voel, ʼn gees om die abstrakte werking van die Goddelike te kan waardeer en vyf sintuie, sig, gehoor, reuk, smaak en tas, wat ons in staat stel om elke lewenservaring te kan ervaar. En wanneer ons seerkry, is daar ook maniere waarop ons kan genees. Ons is nie net geskep om te bestaan nie. Ons Skepper wil hê dat ons die lewe in oorvloed sal leef. Ons is die werk van die beste Ambagsman in die heelal!

Wie is hierdie bedrewe Ambagsman?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS