Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Wie is God – Dag 1

Wie is God?

Bybelteks(te)

God se skeppingswerk

1In die begin het God die hemel en die aarde geskep.

Ek is mal oor verjaardae. Óf dit nou die viering van die wonder van lewe op aarde is op die dag dat ʼn baba gebore word, óf die viering van die verjaardag van ʼn mens sewentig jaar later, dit is altyd ʼn tyd van vreugde en feesviering. Selfs vreemdelinge sal saam in die geluk en vreugde deel. Die lewe is kosbaar en ʼn unieke geskenk aan elke individu.

Dink ons ooit aan die dag toe die aarde gebore is, toe lewe in sy vele vorme tot stand gekom het? Of dié van die hemel? Wat ʼn fees! Aanvaar ons nie as vanselfsprekend die dinge wat ons in ons wêreld beleef sedert die begin van ons lewens nie — dinge wat ons selde bevraagteken? Dikwels is dit hierdie dinge wat ritme aan die lewe op aarde gee: die dag kom na die nag, winter word lente, en dit verskaf stabiliteit. Hoewel ons dalk kla dat die somer vanjaar laat is, of dat dit ʼn baie koue winter is, oorweeg ons skaars Wie vir alles verantwoordelik is en die wonder dat hierdie dinge enigsins gebeur!

Ons weet net dat ons uit helder blou lug en warm sonlig voordeel trek. Ons kan ons verlustig in die skoenlappers wat op pragtige bloeisels sit en ook in die gezoem van die bye rondom laventelbosse. Ons is lief daarvoor om na voëls te kyk wat vrolik tjirp terwyl hulle gretig rondwip op soek na wurms. Ons snak na ons asems wanneer ons die vars lug op ons gesigte voel terwyl ons in verwondering na die majestieuse berge staar wat bo ons uittroon. Ons word betower deur die ritmiese polsing van die golwe en die deurskynende water wat teen die rotse skuim en slaan. Dit is maar ʼn klein prentjie van alles wat geskep is om ons te inspireer!

In die heel eerste sin van die Bybel word ons getref deur die ongelooflike eenvoud van die skrywer se woorde om van daardie belangrike verjaardag in die geskiedenis te vertel, toe alles gebore is! Hy stel dit baie saaklik omdat Hy dié Een ken wat oor alle inspirasie, wysheid, kennis en mag beskik om die wêreld met al sy prag tot stand te bring. Ken jy Hom ook?

Wie is God?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS