Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Wie is God – Dag 18

Die Een wat lewe gee

Bybelteks(te)

26Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee.

ESEGIËL 36:26AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hoe goed ken jy jouself? Kan jy jouself in Esegiël 36:26 herken? Wanneer laas het jy goed en deeglik na jou hart en gees gekyk?

Ek hoor jou sê: “Is ons nie veronderstel om te kyk na wie God is nie?” Wel, die feit dat God in jou belangstel en na jou uitreik, vertel jou reeds baie van God en ook hoe belangrik jy vir Hom is! Hy sien jou in jou gevalle toestand, maar draai nie sy rug op jou en loop van jou af weg nie. Inteendeel, Hy doen alles binne die perke wat Hy gestel het — wat beteken dat Hy jou vrye wil respekteer — om na jou uit te reik, met jou te praat en jou met liefde, vreugde en vrede te seën wat jou gees sal laat lewe, iets wat net Hy kan doen.

Daar is baie verskillende uitdrukkings wat die woord “klip” bevat. In die lysie hieronder het die woord “klip” ʼn ietwat negatiewe betekenis: klippe gebreek, klippe gekou, so hard soos klip, ʼn klipsteen, ʼn regte klipkop, ʼn kliphart, en ʼn klipharde lewe. Is enige van hierdie uitdrukkings op jou van toepassing?

Ek dink nie een van ons wil graag daarmee vergelyk word nie. Die woord “klip” word hier geassosieer met negatiewe eienskappe soos hardheid, koudheid en onbuigsame ondeurdringbaarheid — iets wat die lewe bederf en negatiwiteit voorstel. ʼn Mens kry geen gevoel van buigsaamheid of positiwiteit nie.

Wanneer God praat van die verwydering van ons hart van klip, besef ʼn mens dat Hy raaksien hoe ons harde, koue, ongenaakbare, ondeurdringbare harte sy plan van ʼn oorvloedige lewe vir sy kinders bederf. Hy sien dat ons gedreineer en gedrewe is en dat ons sukkel om sin te maak van alles, sukkel om te oorleef, sukkel om te sien waar ons inpas en in die proses ons harte verhard. Kan jy hiermee identifiseer?

Hy wil ons bevry sodat ons voluit kan leef en veelsydige lewens kan lei. Al is die klippe wat ons soms vind ook hoe mooi, verdof hulle in vergelyking met dit wat Hy ons bied!

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS