Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Wie is God – Dag 17

Regverdige Onderwyser

Bybelteks(te)

8Die Here is goed en regverdig:

Hy wys selfs vir sondaars die pad aan,

9Hy laat aan hulpeloses reg geskied

en Hy leer hulle sy pad.

10Liefde en trou is die paaie wat die Here bewandel

met dié wat sy verbond en verordeninge bewaar.

PSALMS 25:8-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pragtige verse in Psalm 25:8-10 bevestig eers God se integriteit en vertel ons dan dat Hy ʼn verwantskap met ons het en dat Hy ons persoonlik leer hoe om regverdig volgens sy wette te leef. Is dit nie wonderlik nie? Om deur God self onderrig te word, Hy wat alles van die begin af geskep het en ons na vreugde en vrede lei, is geen onbenullige voorreg nie!

Onderwys en opleiding vorm ʼn enorme deel van ons lewe. Die onderwysproses begin van die oomblik van geboorte tussen ouers en kind, en betrek later die wyer familie en mettertyd ook die samelewing. Onderrig is noodsaaklik tydens die kind se grootwordjare binne die gesin, om die kind te leer wat reg is en voor te berei voordat hy of sy die wêreld betree. ʼn Groot gedeelte van ons grootwordjare word by die skool deurgebring waar ons verskillende invloede ervaar. Die grondslag wat tuis gelê word, is dus uiters belangrik.

Ons volg God se voorbeeld want sy manier is liefdevol en wys en Hy is die Kenner. God kies om ons te leer, so dit is duidelik dat onderwys belangrik is. Mense stroom dikwels na ʼn byeenkoms om na ʼn spreker te luister wat ʼn kundige op sy gebied is. Of dit nou ʼn skrywer, ʼn kunstenaar, ʼn wynmaker, ʼn digter, ʼn sjef of wie ook al is, mense waardeer dit om eerstehands van die persoon te hoor wat wat iets ontdek of geskep het. Maar wie vra ooit wie hulle geïnspireer het? Wat hulle ook al bereik het, is altyd van die oorspronklike Meesterbrein geleer!

Reeds vir eeue roep God mense om sy kundigheid oor dit wat saak maak in die lewe, met ander te deel. Hy wil ons nie leer hoe om ʼn boom te skep nie, maar Hy het ons die intelligensie gegee om te leer hoe om dit te laat groei. Wat Hy ons leer, is noodsaaklik want dit raak ons lewenskwaliteit: ons as sondaars moet sy pad leer en in mense van die lig verander word. Hy maak dit alles moontlik vir ons, maar hoeveel ons daarby sal baat, hang af van hoeveel ons wil leer. Onderwysers spandeer baie tyd om ʼn les voor te berei wat dikwels vermors word omdat leerders nie wil nie leer nie.

God wag geduldig vir ons om sy pad te leer ken. Waarom is God “goed en regverdig”? Want Hy gee om dat ons sy pad nie ken nie en as sondaars is ons verlore.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS