Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Wie is God – Dag 11

Inspekteur van harte

Bybelteks(te)

7Maar Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.”

1 SAMUEL 16:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

12Isai het hom laat haal. Hy het 'n rooi gelaatskleur gehad, mooi oë en 'n goeie voorkoms.

Toe sê die Here: “Staan op, salf hom, want dis hý.”

13Samuel het die horing met olie gevat en hom voor sy broers gesalf. Die Gees van die Here het van daardie dag af kragtig in Dawid gewerk. Daarna het Samuel klaargemaak en na Rama toe teruggegaan.

1 SAMUEL 16:12-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

Voorkoms is op alle vlakke vir ons belangrik. Ons het ongetwyfeld almal al die situasie ervaar waar spanne gekies moet word en elke leier moet uit ʼn groep diegene kies wat die grootste, vinnigste of mees begaafde is om sy span vol te maak. Soos minder en minder oorbly word dit al hoe ongemakliker, want almal, insluitende die wat nog nie gekies is nie, weet dat hulle as minder vaardig beskou word as diegene wat reeds gekies is.

Die seuns van Isai moes ʼn soortgelyke ervaring gehad het toe God Samuel gestuur het om die volgende koning van Israel vanuit hulle geledere te kies. In hierdie geval word hulle egter een vir een weggewys soos Samuel onderskei wat God se wil is.

1 Samuel 16:7 verwys na Eliab, die oudste seun van Isai, wat Samuel baie beïndruk het, maar hy was nie God se keuse nie. Om die waarheid te sê, die Here se reaksie was dieselfde wat al sewe seuns van Isai betref. Hulle moes al hoe moedeloser geraak het toe hulle besef dat net die jongste, Dawid, oorgebly het en werklik — wie wil nou deur hom regeer word? Hulle het hom skaars as ʼn man beskou want hy is net gestuur om hulle vader se skape op te pas, terwyl hulle as soldate opgeroep is om vir Saul, die koning gedurende daardie tyd, te veg.

Dit is interessant dat met Dawid se aankoms, nadat sy pa hom op versoek van Samuel uit die veld laat roep, dit tog blyk dat hy ʼn mooi jong man is, maar nog belangriker, dat hy die een is wat God uitgekies het op grond van die gesindheid van sy hart en wie Hy deur sy Gees sal kan bemagtig.

Verder lees ons in 1 Samuel, toe die leër van Saul teen die Filistyne veg, dat Dawid tussen almal uitstaan. Hy is die enigste een wat die uitdaging van die groot vegter van die Filistyne, die reus Goliat, as ʼn belediging vir God sien en aanbied om teen hom te veg terwyl die ander soldate, insluitende sy broers, te bang is.

Wat sê dit vir ons van God?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS