Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Wie is God – Dag 10

Die Wonderwerker

Bybelteks(te)

1En Hanna het gebid:

“Ek jubel in die Here,

ek is sterk in die Here.

Ek lag my vyande uit,

ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het.

2Daar is geen heilige soos die Here nie,

buiten U is daar nie een nie,

daar is geen rots soos ons God nie.

1 SAMUEL 2:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vreugde is daardie diepgaande emosie wat in ʼn persoon ontstaan as gevolg van uiterste geluk wanneer iets wonderliks gebeur. Dit is so ʼn diepgaande emosie dat ʼn persoon selfs in trane kan uitbars wanneer dit iets baie betekenisvol is. Dit kan wees by die troue van ʼn kind, wanneer iemand die nuus kry dat hy of sy van kanker genees is, of wanneer iemand hoor dat hulle uiteindelik ʼn huis gaan kry na jare se gewag.

In Nehemia 8:11 sê Nehemia aan die verbanne Israeliete om nie te treur nie, want “as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm”. Dit wys dat vreugde in God ʼn mens selfs deur moeilike tye kan dra.

Hanna se groot blydskap maak dat sy God met haar hele hart loof, soos haar gebed in 1 Samuel 2:1-2 getuig. Haar blydskap is triomfantelik want God het gehoor toe sy Hom gesmeek het om haar onvrugbaarheid weg te neem en Hy het vir haar ʼn kind gegee. Hierdie is egter nie haar gebed toe sy gehoor het dat sy swanger is nie — toe sou ons van haar verwag om opgewonde te wees. Hierdie is haar gebed toe sy haar jong seun Samuel na die priester Eli geneem het om hom aan God terug te gee en so haar gelofte aan Hom na te kom.

Sy jubel omdat God haar desperaatheid gesien het, haar gebed verhoor en haar geseën het, en sy is nou verheug om in die posisie te wees waar sy haar gelofte aan God kan nakom. Haar mededinger, Peninna, kan haar nie meer oor haar onvrugbaarheid spot nie, maar sy verlustig haar in die Here, en keer op keer loof sy Hom met haar hele hart.

Wanneer jy besef dat daar Iemand is wat kragtig is en in staat is om enigiets te doen, selfs die onwaarskynlikste in jou omstandighede, en dat Hy genoeg vir jou omgee om vir jou te voorsien en jou gebede te beantwoord, gaan dit nie jou hart met vreugdevolle lof laat oorloop nie?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS