Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Vriendskap – dag 20

Paulus en Timoteus – Christene wat eenders dink

Bybelteks(te)

FILIPPENSE 2

Die sending van Timoteus en Epafroditos

19Ek hoop om, as die Here Jesus wil, Timoteus gou na julle toe te stuur, sodat ek ook rus in my gemoed kan hê as ek gehoor het hoe dit met julle gaan. 20Ek het trouens niemand met dieselfde gesindheid as hy en wat julle belange so opreg sal behartig nie. 21Al die ander soek net hulle eie belange, nie dié van Jesus Christus nie. 22Maar julle weet hoe betroubaar Timoteus is. Soos 'n kind saam met sy vader, het hy saam met my die saak van die evangelie gedien.

FILIPPENSE 2:19-22AFR83Maak oop in die Bybelleser

In vorige dagstukkies het ons reeds ʼn paar van die apostel Paulus se vriende ontmoet. Daar was Barnabas van wie hy verskil het, maar wie hy steeds gerespekteer en liefgehad het. Dan was daar Akwila en Priscilla, ʼn godvresende paartjie wat saam met hom tente gemaak en die evangelie uitgedra het. En dan, natuurlik, was daar Timoteus.

Paulus het Timoteus vir die bediening opgelei. Ons lees dat hulle dieselfde gesindheid gehad het, dat hulle het saam die saak van die evangelie gedien het. Daar was niemand anders wat Paulus genoeg vertrou het om na die gemeente in Filippi te stuur nie. Paulus het geweet dat hy hom nie hoef te bekommer dat Timoteus hom sal weerspreek nie. Hy het geweet dat Timoteus nie sy werk onder die gelowiges in Filippi sou ondermyn nie. Hy en Timoteus het eenders oor sake gedink. Hulle het dieselfde passie vir Christus gehad, en in Timoteus se sorg sou die Filippense in goeie hande wees.

Timoteus was een van Paulus se belangrikste medewerkers. Vir jare was die twee vriende onafskeidbaar en hierdie verbintenis het ook hulle bediening bevorder. Timoteus was Paulus se vertroueling, en Timoteus word ook in die aanhef van ses van Paulus se briewe vermeld. Wanneer die Here vriende op so ʼn geestelike vlak verenig, het Hy iets groter in gedagte as dat dit net tot voordeel van die vriendekring sal strek.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS