Bible Society of South Africa
Quintus Heine

Vreugde en seisoene – Dag 7

Laat ons met leifde na ander kyk

Bybelteks(te)

Moenie volgens die uiterlike oordeel nie

1My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie.

16Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie. Al het ons Christus vroeër volgens menslike maatstaf beoordeel, nou beoordeel ons Hom nie meer so nie. 17Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

2 KORINTIËRS 5:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die Bybel leer ons dat ons nie mense se uiterlike voorkoms moet beoordeel nie, maar tog doen ons dit gereeld. Mense word gebreinspoel om ander op hulle baadjie te takseer. Die samelewing het ook soms die gewoonte om mense met sosiale status en baie geld na beter waarde te skat as ander mense. Dinge wat jou uiterlik goed laat lyk is vir die wêreld daarbuite van hoë waarde. Verder is daar ook ʼn geneigdheid om mense wat anders as jy lyk, ander lewensgewoontes as jy het, of minder of meer geld as jy het met vooropgestelde oordeel te hanteer. Dit is ook so dat die advertensiewese vir ons wil wysmaak dat sukses slegs van jou uiterlike voorkoms en van jou bankrekening afhang. Die wêreld is so behep met uiterlike skyn dat ons later ʼn tweede natuur ontwikkel om mense op hulle uiterlike te beoordeel.

Die Bybel leer ons uitdruklik dat ons nie met menslike maatstaf mekaar moet beoordeel nie. In 2 Korintiërs 5:16-17 lees ons: “Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie. Al het ons Christus vroeër volgens menslike maatstaf beoordeel, nou beoordeel ons Hom nie meer so nie. Iemand wat aan Christus behoort, is ʼn nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”

God wil hê dat ons, wat aan Christus behoort, anders sal wees. Ons moet soos Christus in mense se harte inkyk. Ons moet na hulle kyk met die oë van Jesus se liefde en nie in die eerste plek na hulle uiterlike voorkoms nie. Die wêreld kyk met oë en meet met standaarde wat nie ewigheidswaarde het nie. As jou hart deur Christus vrygemaak en nuutgemaak is moet jou oordeel ook nuut wees! Dan sien jy liefde, vreugde, vredeliewendheid, geduld, vriendelikheid, goedheid van hart, getrouheid, lojaliteit, nederigheid, en selfbeheersing raak. Dis alles dinge wat mense se harte rein en vol liefde maak.

Oefen jouself om met God se liefdesoog na ander mense se kyk.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS