Bible Society of South Africa

God sien alles – 20 Februarie 2023

Deur Benescke Janse van Rensburg

Bybelteks(te)

3Die Here sien oral;

Hy hou slegte en goeie mense dop.

SPREUKE 15:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

21Hy hou die pad van die mens dop

en sien elke tree wat hy gee.

13Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.

HEBREËRS 4:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ek lees onlangs hierdie gesegde raak: “Remember, what you are doing behind someone’s back you are doing in front of God’s eyes.”

Stop en lees weer die gesegde.

Is jy tevrede met hoe jy tans leef? Is jy trots op hoe jy besigheid doen? Is jou gesprekke skoon of gevul met skinderpraatjies? Is daar iemand buite jou huwelik teenoor wie jy met tye te vriendelik is? Is jy besig om iemand kwaadwillig te vervolg omdat jy aanstoot geneem het?

In Spreuke 15:3 lees ons: “Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop.” (1983-vertaling) Ook in Job 34:21 lees ons: “God sien alles wat ‘n mens doen, Hy sien elke tree wat ‘n mens gee.” (Bybel vir almal) En in Hebreërs 4:13 lees ons: “Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.” (1983-vertaling)

God is ’n Heilige God. Kom ons doen afstand van dinge wat ’n blokkasie in ons verhouding met Hom veroorsaak. Só kan ons met vrymoedigheid na Hom gaan – en sy stem duidelik in ons lewens hoor. Sterkte.

Gebed: Vader God, dankie vir u genade in my lewe. Wys my asseblief as daar enigiets in my lewe is wat U nie oor tevrede is nie en versterk my om daarvan afstand te doen. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS