Bible Society of South Africa
Carina Francke

Verhoudinge – Dag 7

Mense wat jy in jou lewe nodig het

Bybelteks(te)

26Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.”

27God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

GENESIS 1:26-27AFR83Maak oop in die Bybelleser

Twee vaar beter as een

9Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets.

PREDIKER 4:9AFR83Maak oop in die Bybelleser

12Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie.

PREDIKER 4:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Adam en Eva was God se verteenwoordigers wat saam ʼn aardse reis onderneem het en spesifieke opdragte moes uitvoer wat Hy aan hulle gegee het. Alhoewel God altyd teenwoordig was, het twee mense mekaar steeds nodig gehad vir die reis.

Leonard Sweet verwoord hierdie waarheid op ʼn ander manier: “Die vreugde is nie in die reis nie; dit lê in verhoudinge; dit is waar ek jou ontmoet, in Christus; dit is nie ‘ek wat ons’ word nie; dit is ons wat Hom word” (11 Indispensable Relationships You Can’t Be Without, p. 19)

Prediker 4:9 bevestig die waarheid: “Twee is beter as een, want hulle het ʼn goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid.” Die skrywer gee die redes vir sy uitspraak: As albei val, kan die een sy maat optel; een alleen kry koud, maar twee maak mekaar warm; as een aangeval word, kan altwee teenstand bied; en dan span hy die kroon op verhoudinge: “ʼn Driedubbele lyn word nie gou verbreek nie” (Prediker 4:12). Slegs God se betrokkenheid by ons verhoudinge versterk die band.

Bo en behalwe die bogenoemde voordele, het ek en jy mense in ons lewe nodig wat ons uit ons gemaksones kan neem. Hulle insette help ons dikwels om ons vooropgestelde opinies, tradisies, tonnelvisie en selfregverdiging af te breek, sodat ons nuut kan dink en anders kan doen. En in die proses leer ons God vanuit ʼn nuwe perspektief ken en ontdek ons die waarheid wat losknoop en vrymaak.

Elke gelowige, trouens — elke mens, het gidse, mentors, wagte en wyses nodig om ons by te staan op ons reise en om teenwoordig te wees wanneer ons uiteindelik ons bestemmings bereik.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS