Bible Society of South Africa
Carina Francke

Verhoudinge – Dag 5

Verhoudinge: Groei saam

Bybelteks(te)

6Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef,

en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

SPREUKE 22:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

4“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. 5Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.

DEUTERONOMIUM 6:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

2vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.

1 TIMOTEUS 2:2AFR83Maak oop in die Bybelleser

34Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.

JOHANNES 13:34AFR83Maak oop in die Bybelleser

26As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie.

EFESIËRS 4:26AFR83Maak oop in die Bybelleser

3en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie.

MATTEUS 18:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Die gesin is die plek waar kinders se lewenspad vorentoe begin. Dáár word die rigting en die aard van die pad bepaal” (T.S. Elliot). Spreuke 22:6 bevestig dit: “Leer ʼn kind vroeg hoe om te leef en hy sal tot sy oudag toe reg leef.”

Geestelike ontwikkeling en groei se wortels is geanker in ons verhouding met die Here: “Hoor, Israel, die Here onse God is ʼn enige Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag” (Deuteronomium 6:4-5). In die gesin is hierdie opdrag ʼn saamgroei-aktiwiteit: Ouers begelei hulle kinders na hierdie besondere verhouding met God.

Deuteronomium 6:7-9 leer hóé: bêre die woorde van God in jou hart; skerp dit in by jou kinderspraat daaroor — in jou huis, op die pad, as jy slaap en opstaan; onthou dit; skryf dit neer, maak dit sigbaar in jou huis.

Wanneer ons saam bid, groei ons in die besef dat ons afhanklik is van Iemand groter en magtiger. Dit word ʼn gesamentlike erkenning dat God ons Helper, Voorsiener en Redder is — ja, die Ek Is, wat naby sy mense leef. Ons gebede van geloof in God bring sy hand in beweging: Wanneer jy vir jou vyande bid, ontwapen jy hulle; wanneer jy vir geliefdes bid, beskerm of bemagtig jy hulle; wanneer jy vir leiers en hooggeplaastes bid “… kan ons ʼn rustige en stil lewe lei in toewyding aan God en in eerbaarheid” (1 Timoteus 2:2).

Emosies is ʼn gegewe in elke mens se lewe. Hóé ons egter met ʼn spesifieke emosie in ʼn spesifieke oomblik omgaan, beskik oor die vermoë om mense nader aan mekaar te bring, of om ʼn wig tussen hulle in te dryf. Jesus verklaar sy liefde aan sy dissipels en stel dit as voorbeeld van hoe ons mekaar moet liefhê: “ʼn Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê” (Johannes 13:34). Selfs wanneer ons kwaad word, moet dit getuig van ons liefde vir God en die mens vir wie ons kwaad word: “Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie en gee aan die duiwel geen plek nie” (Efesiërs 4:26).

Jesus raak ʼn ander aspek van groei aan: “Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie” (Matteus 18:3). Volwassenes het nodig om kinders se optrede dop te hou, in die Woord te delf vir leidrade en biddend te vra dat die Heilige Gees dié kwaliteite van kinders sal uitwys wat Hy so hoog aanslaan. En dan, met die hulp van die Heilige Gees, moet ons ons lewens in daardie rigting begin stuur.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS