Bible Society of South Africa
Carina Francke

Verhoudinge – Dag 4

Verhoudinge: Eet saam

Bybelteks(te)

5Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.”

50Maar Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.”

13Help die medegelowiges

in hulle nood

en lê julle toe op gasvryheid.

ROMEINE 12:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

9Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla.

1 PETRUS 4:9AFR83Maak oop in die Bybelleser

In vandag se tyd is saameet meer as om net rondom ʼn bord kos bymekaar te kom. Dit is ʼn ervaring — ʼn reis wat begin by die plek waar jy eet, wat gemeet word aan wat jy eet, die kwaliteit daarvan, en die uitwerking van elke dis se geure wat die smaakknoppies prikkel. Daarna volg die subtiele afvee van die mondhoeke. Die blywende, dieper voordeel van so ʼn ervaring is egter wanneer dit saam met ander kosliefhebbers geniet en gedeel word.

Maaltye in bybelse tye staaf die nut van verhoudinge rondom kos. Etes was ʼn simbool van vertroue, broederskap en die deel van mense se lewe met mekaar. Daar is egter altyd uitsonderings. Soos Jakob wat vir sy broer Esau ʼn smaaklike pot lensiesop voorberei in ruil vir sy eersgeboortereg (Genesis 25:33-34). Dit het egter nie daar geëindig nie. Hy het hom as Esau vermom en sy vader se gunstelingkos voorberei onder valse voorwendsels. Op hierdie manier het hy vir Isak bedrieg en uiteindelik die seën ontvang wat vir sy ouer broer bedoel was (Genesis 27:23). In vandag se tyd, wanneer mense ander mense wil gebruik vir hulle persoonlike selfsugtige gewin, kan ons sê dat die Jakobs die Esau’s na hulle maaltyd toe nooi.

Oneerlik! Veral as ons dit meet aan Jesus se onselfsugtige motiewe. Hy het graag saam met mense rondom kos gekuier — nie net belangrike en gesiene mense nie, maar ook vriende, uitgeworpenes en die skares.

Tydens hierdie geleenthede het Hy ʼn nuwe manier van leef verkondig: Hy spreek sonder om te huiwer sekere sosiale kwessies aan; Hy gee onderrig oor God se koninkryk en vergewe mense se sondes. Sy hart was vír mense en maaltye was ʼn aanvaarbare manier om hulle harte te wen. Geen wonder dat Hy Homself vir ete na Saggeus se huis genooi het nie: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan” (Lukas 19:5). Saggeus se lewe word tydens hierdie ete onherroeplik verander. ʼn Vrou met ʼn reputasie wat by ʼn ete opdaag, was Jesus se voete met haar trane, droog dit af en salf dit. Daarna word sy met hoop weggestuur: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede” (Lukas 7:50).

In die kerk in Handelinge het gelowiges as gelykes saamgeëet, want ryk en arm het hulle kos en geloof gedeel — hulle het koinonia gehou. Dit was ʼn praktiese uitdrukking van hulle nuutgevonde geloof en geneentheid teenoor mekaar. Is hierdie soort saameet nie dalk ʼn manier om moderne individualisme te stuur in die rigting van ʼn gemeenskap wat vir mekaar omgee nie? Dalk het Paulus en Petrus dit in gedagte gehad toe hulle skryf: “Streef na gasvryheid” (Romeine 12:13) en “Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer” (1 Petrus 4:9).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS