Bible Society of South Africa
Ds Hein Barnard

Vergifnis – Dag 20

Wanneer ons op die belangrike dinge fokus waarop God wil hê ons moet fokus, is die gevolg dat ons ʼn nuwe lewe kan lei (1-4). Vers 5-11 handel oor die ou lewe, waarin Paulus dit duidelik maak dat dit nie is hoe God wil hê ons moet lewe nie.

Bybelteks(te)

12Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. 15En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. 16Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. 17En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

KOLOSSENSE 3:12-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vergifnis in die Pauliniese briewe – 2

In vers 12 begin Paulus met hoe die nuwe lewe in Christus sal lyk. Dit stem ooreen met die nuwe identiteit en die nuwe verhouding waaraan ons deel is — kinders van God. ʼn Deel van ons nuwe identiteit is ons vergewensgesinde gees. Christus het die voorbeeld aan die kruis gestel (Lukas 23:34) en vir ons in die “Ons Vader” gebed geleer om volkome en onbeperk te vergewe, soos ons onbeperkend vergewe is. Ons is bewus van hoe gereeld ons sondig en vergifnis ontvang het. Daarom doen ons dit met liefde en ervaar ons die vrede van Christus met dankbaarheid.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS