Bible Society of South Africa
Ds Hein Barnard

Vergifnis – Dag 19

Paulus het ʼn lang tyd in Efese deurgebring gedurende sy sendingsreise. Daar was ʼn spesiale verhouding tussen hom en die Efesiërs.

Na die gewone inleidings sou die inhoud van ʼn Griekse brief op danksegging fokus — en Paulus het die redes vir sy dankbaarheid gegee.

Bybelteks(te)

Lof aan God vir sy genade

3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. 4So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. 6Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. 7Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God 8wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. 9Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak 10en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus. 11Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit. 12Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys. 13Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. 14Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.

EFESIËRS 1:3-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vergifnis in die Pauliniese briewe – 1

Die genade van God gaan terug tot in die ewigheid. Voor die skepping het God alreeds die verlossing vir ʼn volk voorspel — gelowiges soos ek en jy wat alle moontlike struikelblokke sou oorkom. Ons is bevry as slawe van die sonde en Christus het met sy bloed betaal om ons vry te maak. Ons verdien nie God se genade nie en ons kan ook nie aanspraak daarop maak nie; God reik met liefde en genade na ons uit.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS