Bible Society of South Africa
Ds Hein Barnard

Vergifnis – Dag 21

Johannes wou die kerk waarsku dat daar vals leermeesters is wat die Evangelie verdraai om by hulle eie agendas te pas. Johannes het die kerk teen hulle gewaarsku en hulle die waarheid geleer.

Bybelteks(te)

God is lig

5Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

6As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. 7Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. 8As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. 9Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. 10As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

Ons het Jesus as ons voorspraak by die Vader

1Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. 2Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

1 JOHANNES 1:5-2:2AFR83Maak oop in die Bybelleser

Wandel in die lig!

Een van die vals leringe is dat gelowiges nie sonde het nie (8) en nie meer sondig nie (10). Dit is misleidend en ʼn verwerping van die waarheid, en impliseer selfs dat God lieg. Johannes verklaar die teenoorgestelde, die waarheid, in vers 9. Bely sondes want ons sondig nog steeds. Die gevolg van hierdie belydenis — God se getrouheid bevestig dat ons vergifnis ontvang het vir die sondes en dat die sondes deur die bloed van Jesus skoongewas is.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS