Bible Society of South Africa
Ds Hein Barnard

Vergifnis – Dag 2

Moses het baie tyd saam met die Here op die Sinai berg deurgebring. Die volk het na Aäron toe gegaan en vir hom gevra om vir hulle ʼn god te maak — dit het die goue kalf tot gevolg gehad. Toe Moses van die berg afkom het hy woedend geword en die twee plat klippe flenters gegooi (32:19).

Bybelteks(te)

Die tien gebooie word weer opgeskryf. Verskillende ander wette

1Die Here het vir Moses gesê: “Kap vir jou twee plat klippe net soos die voriges. Ek sal op die klippe die gebooie skryf wat op die voriges was wat jy stukkend gegooi het. 2Maak môreoggend klaar en klim die oggend nog Sinaiberg uit. Wag vir My daar op die top van die berg.

3“Niemand mag saam met jou opklim nie. Nêrens op die berg mag daar selfs iemand gesien word nie. Die kleinvee en beeste mag ook nie naby die berg wei nie.”

4Moses het toe twee plat klippe soos die voriges gekap. Nadat hy vroeg die oggend opgestaan het, het hy net soos die Here hom beveel het, Sinaiberg uitgeklim met die twee plat klippe in sy hand.

5Die Here het in 'n wolk afgekom en daar by Moses kom staan en die Naam “die Here” uitgeroep. 6Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. 7Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.”

EKSODUS 34:1-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die genadige God

Die Here het Moses opdrag gegee om twee plat klippe te kap soos dié wat Hy hom die eerste keer gegee het. Die Here sou dieselfde woorde daarop skryf. Moses moes by die berg opgaan en op die Here wag.

Toe die Here in ʼn wolk afkom, het hy hard met Moses gepraat.

God het homself openbaar as ʼn barmhartige God wat lankmoedig en vol liefde is, gewillig om mense te vergewe, maar nie hulle sondes te vergeet nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS