Bible Society of South Africa
Ds Hein Barnard

Vergifnis – Dag 3

Gister het ons gelees dat God vir Moses opdrag gegee het om twee plat klippe te kap en by die Sinai berg op te gaan. God het homself openbaar as ʼn barmhartige God wat lankmoedig en vol liefde is, gewillig om mense te vergewe, maar nie hulle sondes te vergeet nie.

Bybelteks(te)

8Moses het toe vinnig gebuig in eerbied 9en gesê: “As ek u goedgesindheid geniet, Here, moet U saam met ons wegtrek. Al is die volk moedswillig, moet U ons ongeregtigheid en sonde vergewe. Laat ons tog u volk bly, u eiendom.”

10Toe het die Here gesê: “Ek sluit nou 'n verbond met julle. Voor jou hele volk gaan Ek magtige dade doen wat nog nooit tevore op die hele aarde onder enige nasie gedoen is nie. Die hele volk by wie jy is, sal sien wat Ek, die Here, doen. Wat Ek vir jou gaan doen, sal hulle met ontsag vervul.

11“Wat Ek julle nou hier gaan beveel, moet julle gehoorsaam. Ek sal die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete voor julle uit verdryf. 12Moenie 'n verdrag sluit met die inwoners van die land waarheen julle gaan nie. Hulle sal julle tot 'n val bring.

13“Nee, vernietig hulle altare, breek hulle klippilare af en kap hulle gewyde pale stukkend. 14Julle mag nie 'n ander god vereer nie, want Ek, die Here, eis onverdeelde trou aan My. Daarom noem hulle My: ‘Die God wat onverdeelde trou eis.’

15“Julle mag nie 'n verdrag met die inwoners van die land sluit nie. Wanneer hulle onsedelikheid bedryf in die verering van hulle gode en vir hulle gode offers bring, sal die mense julle uitnooi na hulle offermaaltye toe, en julle sal daaraan deel hê. 16Julle sal julle seuns met hulle dogters laat trou, en wanneer hulle dogters onsedelikheid bedryf in die verering van hulle gode, sal hulle julle seuns tot dieselfde soort onsedelikheid verlei.

17“Julle mag nie afgodsbeelde maak nie.

EKSODUS 34:8-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Moses pleit namens die Israeliete

Moses het twee dinge nederig vir die Here gevra. Hy het vir God gevra om saam met hom vanaf Sinai na die beloofde land te gaan, en vir vergifnis vir wat die Israeliete gedoen het (die aanbidding van die goue kalf).

God het gereageer deur ʼn verbond met die Israeliete te sluit, maar met sekere verbondsbepalings, naamlik om afgodsaltaars en pilare en pale te vernietig, om nooit voor enige god neer te buig, of om toe te laat dat hulle kinders trou met enigiemand wat nie deel van God se volk is nie. Hierdie soort verbondsbepalings was deel van ‘n normale verbond. God het die verbond ingestel en die bepalings neergelê.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS