Bible Society of South Africa
Ds Hein Barnard

Vergifnis – Dag 1

deur Hein Barnard

Bybelteks(te)

15Na hulle pa se dood het Josef se broers gevra: “En as Josef nog steeds 'n grief teen ons het en ons nou gaan terugbetaal vir al die kwaad wat ons hom aangedoen het?”

16Daarom het hulle 'n boodskap na hom toe gestuur: “Voor sy dood het u vader beveel: 17‘Julle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe.’ Vergeef ons tog nou die misdaad. Ons dien ook die God van u vader.”

Josef het gehuil oor wat hulle vir hom laat weet het.

18Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê: “Hier is ons voor u. Ons is u slawe.”

19Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. 20Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het. 21Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.”

Josef het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.

GENESIS 50:15-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die eerste voorbeeld van vergifnis in die Bybel

Die aartsvader Jakob het gesterf en Josef se broers het besef dat hulle moontlik gestraf kan word vir die manier waarop hulle Josef behandel het.

Ons lees in Genesis 37 hoe die drome van Josef ʼn gebroke verhouding tussen hom, sy ouers en sy broers veroorsaak het. Sy broers wou hom doodmaak, maar hy is verkoop en het ʼn slaaf in Egipte geword. Die drome het waar geword toe sy broers na Egipte gereis het weens die droogte om kos te koop. Ons lees in Genesis 45 hoe Josef homself aan sy broers bekendmaak en verduidelik dat alles deel was van God se plan (45:8).

Iets het egter ontbreek — nêrens het sy broers om vergifnis gevra nie, en Josef het ook nie vergifnis gegee nie. Iemand moes die eerste stap neem, en dit het gebeur na die dood van hulle vader, Jakob.

Die broers het vergifnis gesoek omdat hulle gevrees het dat iets sleg sou gebeur. Hulle was bang dat Josef sou wraak neem.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS