Bible Society of South Africa
Ds Hein Barnard

Vergifnis – Dag 18

Filippus, sowel as Stefanus wat gestenig is, was een van die sewe mans wat gekies is om die bediening van die apostels by te staan (Handelinge 6). Simon was ʼn towenaar in Samaria en is volgens vers 13 ‘n gelowige wat ook gedoop is. Towenaars was invloedryke mense in hul gemeenskappe.

Bybelteks(te)

9In dieselfde stad was daar 'n man met die naam Simon, wat die inwoners van Samaria met sy toorkunste verstom het. Hy het daarop aanspraak gemaak dat hy iets besonders is, 10en almal, klein en groot, het hom aangehang. Hulle het gesê: “Hy is wat ons ‘Die Groot Krag van God’ noem.”

11Hy het 'n aanhang onder hulle gekry omdat hy hulle oor 'n lang tydperk met sy toorkunste verstom het. 12Maar toe Filippus die evangelie van die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus aan hulle verkondig het, het hulle gelowig geword, en mans sowel as vrouens is gedoop. 13Selfs Simon het gelowig geword. Hy is gedoop en het Filippus oral vergesel. Hy was verstom oor die groot tekens en kragte wat hy sien gebeur het.

14Toe die apostels in Jerusalem hoor dat die mense in Samaria die woord van God aanvaar het, het hulle vir Petrus en Johannes daarheen gestuur. 15Dié het toe gegaan en vir die mense daar gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, 16want die Gees het nog nie op een van hulle gekom nie; hulle was net in die Naam van die Here Jesus gedoop. 17Die apostels het hulle die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

18Toe Simon sien dat die mense die Gees ontvang as die apostels hulle die hande oplê, het hy hulle geld aangebied 19en gesê: “Gee my ook hierdie bevoegdheid sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.”

20Maar Petrus antwoord hom: “Gaan na die verderf met jou geld en al! Dink jy jy kan die gawe van God met geld koop? 21In hierdie werk is daar vir jou geen plek nie, want jou gesindheid teenoor God is nie reg nie. 22Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here: miskien sal Hy jou hierdie gesindheid van jou hart vergewe. 23Ek sien jy is deur afguns vergiftig en deur die sonde verstrik.”

24Toe sê Simon vir die apostels: “Bid júlle tog vir my tot die Here, sodat niks van wat julle gesê het, my tref nie.”

25So het die apostels dan kragtig getuienis gelewer en die woord van die Here verkondig. Hulle het na Jerusalem toe teruggegaan en onderweg die evangelie in baie dorpe van die Samaritane verkondig.

HANDELINGE 8:9-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Om God met die verkeerde motief te dien

Daar is verskillende sienings of Simon opregte reddende geloof gehad het wanneer die hele teks gelees word. Sy bekwaamheid as towenaar was nie van God afkomstig nie en hy het gedink dat hy die krag van die Heilige Gees kon koop om nog groter wonderwerke te verrig.

Daar is geen moontlikheid dat redding, vergiffenis van sondes of die krag van God gekoop kan word nie! Dit is slegs moontlik deur ʼn berouvolle hart, nederigheid en bereidwilligheid om sondes te bely en daarmee te breek.

Simon se reaksie op Petrus se woorde was om Petrus te vra om vir hom te bid.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS