Bible Society of South Africa
Ds Hein Barnard

Vergifnis – Dag 17

Die eerste van 7 kruiswoorde van Jesus voordat Hy gesterf het.

Bybelteks(te)

Jesus word gekruisig

26Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle 'n sekere Simon van Sirene, wat toe net van buite die stad af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.

27'n Groot menigte van die volk het agter Jesus aan geloop, onder wie ook vroue wat oor Hom getreur en gehuil het. 28Maar Jesus het na hulle toe omgedraai en gesê: “Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders, 29want daar kom dae waarin hulle sal sê: ‘Hoe gelukkig is die onvrugbare vroue en dié wat nooit 'n kind in die wêreld gebring het of gevoed het nie.’

30“Dan sal hulle vir die berge sê:

“ ‘Val op ons!’

“en vir die heuwels:

“ ‘Bedek ons!’

31“As hulle dit met die groen hout doen, wat sal dan met die droë hout gebeur?”

32Daar is ook twee ander, albei misdadigers, weggelei om saam met Jesus tereggestel te word.

33Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant. 34Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

Hulle het sy klere verdeel deur te loot.

35Die volk het daar gestaan en kyk. Hulle raadslede het Hom ook uitgelag en gesê: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is.”

36Ook die soldate het vorentoe gekom en Hom bespot. Hulle het vir Hom suur wyn aangebied 37en gesê: “As jy die koning van die Jode is, red jouself.”

38Daar was ook 'n opskrif bokant Hom: “Dit is die koning van die Jode.”

39Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!”

40Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man! 41In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” 42Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.”

43Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

LUKAS 23:26-43AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vergifnis in die Evangelies – 4

Hierdie gebed van Jesus het die belangrikheid van vergifnis vir diegene wat Hom na die kruis geneem het beklemtoon, omdat hulle nie besef het dat dit deel van God se plan was nie. Die verantwoordelikheid van die godsdienstige en politieke leiers is nie weggeneem nie, maar Jesus het sy Vader gewillig gevra om hulle te vergewe. Hierdie woorde het selfs die heidene aangeraak — die woorde van die Romeinse offisier in vers 47 spreek boekdele.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS