Bible Society of South Africa
Ds Hein Barnard

Vergifnis – Dag 16

Volgens die Rabbi’s moes die gemiddelde Jood ʼn spesifieke persoon slegs drie keer vergewe. Petrus wou weet of meer as dubbeld genoeg sou wees om iemand te vergewe. Jesus het vir Petrus geantwoord, en daarna het hy ʼn gelykenis vertel.

Bybelteks(te)

Die plig om te vergewe

21Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”

22Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer. 23Daarom kan die koninkryk van die hemel vergelyk word met 'n koning wat besluit het om saam met sy amptenare hulle boeke na te gaan. 24Toe hy daarmee begin, is een amptenaar na hom toe gebring wat miljoene rand geskuld het. 25Hy kon dit nie betaal nie, en daarom het die koning beveel dat hy en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, verkoop en die skuld betaal moet word. 26Die man het voor hom neergeval en gesoebat: ‘Gee my tog uitstel; ek sal u alles terugbetaal.’ 27Die koning het hom jammer gekry, hom laat gaan en sy skuld afgeskryf.

28“Toe daardie man buite kom, het hy een van sy medeamptenare raakgeloop wat hom net 'n paar rand geskuld het. Hy het hom gegryp en gewurg, en gesê: ‘Betaal wat jy skuld!’ 29Sy medeamptenaar het voor hom neergeval en hom gesmeek: ‘Gee my tog uitstel, ek sal jou betaal.’ 30Maar hy wou nie en hy is daar weg om hom in die tronk te laat gooi totdat hy die skuld betaal het.

31“Toe sy medeamptenare sien wat gebeur het, was hulle diep teleurgesteld, en hulle het alles wat gebeur het, vir hulle koning gaan vertel. 32Die koning het hom laat haal en vir hom gesê: ‘Jou skurk! Al daardie skuld het ek vir jou afgeskryf omdat jy my gesoebat het. 33Moes jy nie ook jou medeamptenaar jammer gekry het soos ek jou jammer gekry het nie?’ 34Die koning was woedend en het hom oorgegee om gemartel te word totdat hy al die skuld betaal het.

35“So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.”

MATTEUS 18:21-35AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vergifnis in die Evangelies – 3

Ons word dikwels meer as een keer deur dieselfde persoon seergemaak. Ons bereik ‘n punt wanneer ons, om verskillende geldige menslike redes, nie meer daardie persoon wil vergewe nie. Soveel seer lei dikwels tot verbrokkelde verhoudings wat onmoontlik lyk om te herstel en te genees. Waar trek ons die streep?

Jesus het geantwoord dat ons, sonder om boek te hou, vergewensgesind moet wees. Die onwilligheid om te vergewe wys dat die persoon in sy/ haar eie hart nog nie die wonderlike genade van God se onvoorwaardelike vergifnis ervaar het nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS