Bible Society of South Africa
Ds Hein Barnard

Vergifnis – Dag 15

Dit kan baie maklik wees om die “Ons Vader”-gebed te bid, maar ons vergeet dikwels dat vers 12 ʼn besonderse belangrik optrede vereis van die persoon wat hierdie gebed bid.

Bybelteks(te)

As julle bid

5“Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. 6Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.

7“Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. 8Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.

9“So moet julle bid:

“Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;

10laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

11Gee ons vandag ons daaglikse brood;

12en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;

13en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

14“As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”

MATTEUS 6:5-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vergifnis in die Evangelies – 2

Wanneer ons vers 12 lees soos dit daar staan, vra ons dat God ons moet vergewe op dieselfde wyse as wat ons ander vergewe wat ons kwaad aangedoen het. Die uiteensetting van vers 12 kan in vers 14-15 gelees word. Wanneer ons ander nie vergewe nie, dink ons dat ons nie sondaars is nie en dat ons nie vergifnis nodig het nie.

Dit is noodsaaklik dat ons ander vergewe, net soos God ons uit genade alleen vergewe vir elke sonde wat ons gedoen het. ʼn Gees van onvergewensgesindheid mag nooit in die lewe van ʼn gelowige of in die kerk teenwoordig wees nie.

Vergifnis is die proses van herstel van ʼn gebroke verhouding met God, ons naaste en onsself.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS