Bible Society of South Africa
Gawie van Jaarsveld

Vriendelike Filippense – Dag 8

Blydskap ten spyte van die werklikheid van die dood ... en die lewe

Bybelteks(te)

20Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, 21want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins. 22As ek in die lewe bly, kan ek voortgaan met vrugbare arbeid. Wat ek moet kies, weet ek nie. 23Ek is in 'n tweestryd: ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; 24maar in julle belang is dit noodsaakliker dat ek bly lewe. 25Omdat ek hiervan oortuig is, weet ek dat ek sal bly, ja, vir julle almal behoue sal bly, sodat julle kan toeneem in geloof, en blydskap in julle geloof kan hê. 26As ek weer by julle kom, sal julle oorvloedige rede hê om Christus Jesus oor my te prys.

FILIPPENSE 1:20-26AFR83Maak oop in die Bybelleser

• Watter vers of woord wil jy verder oor nadink?
• Hoe moet jy dink oor jou lewe en jou dood?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS