Bible Society of South Africa
Gawie van Jaarsveld

Vriendelike Filippense – Dag 7

Blydskap beteken om positief te wees oor die lewe

Bybelteks(te)

Bevordering van die evangelie ondanks gevangenskap

12Ek wil hê julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het. 13Dit het daarop uitgeloop dat die hele keiserlike wag en al die ander nou besef dat dit ter wille van Christus is dat ek 'n gevangene is. 14Deur my boeie is die meeste broers ook in hulle vertroue op die Here gesterk, en hulle waag dit al hoe meer om die woord van God onbevrees te verkondig.

15Daar is wel party wat Christus verkondig omdat hulle jaloers op my is en iets teen my het, maar ander doen dit met opregte bedoelings. 16Laasgenoemdes verkondig Christus omdat hulle my liefhet en weet dat dit my taak is om die evangelie te verdedig; 17maar eersgenoemdes maak Christus bekend uit selfsugtige en onsuiwere bedoelings. Hulle oogmerk is om die gevangenskap vir my nog swaarder te maak. 18Maar wat maak dit saak? In elk geval, of dit met bybedoelings is of in opregtheid, op allerhande maniere word Christus bekend gemaak, en daaroor is ek bly. En ek sal my ook verder verbly, 19want ek weet dat alles op my redding sal uitloop omdat julle vir my bid en die Gees van Jesus Christus my bystaan.

FILIPPENSE 1:12-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

• Watter vers of woord wil jy verder oor nadink?
• Wat leer ons in hierdie gedeelte oor (a) dapperheid en (b) onselfsugtigheid?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS