Bible Society of South Africa
Gawie van Jaarsveld

Vriendelike Filippense – Dag 6

Blydskap ... soos die sterre in die hemel

Bybelteks(te)

Ligdraers in die wêreld

12My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.

14Doen alles sonder kla of teëpraat. 15Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld 16deur die woord van die lewe uit te dra. Dan sal ek op die dag van Christus se koms rede hê om trots te wees, omdat dit sal blyk dat ek my nie verniet ingespan het nie en nie verniet geswoeg het nie. 17Julle geloof is 'n offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly, ja, is ek saam met julle almal bly. 18Om dieselfde rede moet julle ook bly wees, ja, saam met my bly wees.

FILIPPENSE 2:12-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

• Watter vers of woord wil jy verder oor nadink?
• Hoe kan jy in jou omgewing soos “ʼn helder ster skyn”? Watter aanpassings sal jy moet maak?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS