Bible Society of South Africa
Gawie van Jaarsveld

Vriendelike Filippense – Dag 5

Blydskap met die gesindheid van Christus

Bybelteks(te)

1Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing – 2maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 3Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

Die voorbeeld van Jesus Christus

5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:

6Hy wat in die gestalte van God was,

het sy bestaan op Godgelyke wyse

nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,

7maar Hy het Homself verneder

deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem

en aan mense gelyk te word.

En toe Hy as mens verskyn het,

8het Hy Homself verder verneder.

Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

9Daarom het God Hom

ook tot die hoogste eer verhef

en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is,

10sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is,

die knie sou buig,

11en elke tong sou erken:

“Jesus Christus is Here!”

tot eer van God die Vader.

FILIPPENSE 2:1-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

• Watter vers of woord wil jy verder oor nadink?
• Watter verskil gaan dit aan jou verhoudings maak as jy dit met dieselfde gesindheid as Christus benader?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS