Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 228

Spreuke 21:14-16

Bybelteks(te)

14'n Geskenk in die stilte paai 'n man wat kwaad is;

as dit versigtig aangebied word, laat dit heftige woede bedaar.

15As daar reg geskied, is mense wat reg doen, bly,

en staan dié wat onreg doen, verskrik.

16As iemand ophou om verstandig te lewe,

beland hy tussen die dooies.

SPREUKE 21:14-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 14. Die eerste deel van die vers formuleer die werklikheid dat ‘n geskenk wat in die geheim gegee word, ‘n groot krisis kan afweer. Maar in die tweede deel wys Spreuke hoe moeilik dit is om ’n bona fide geskenk te onderskei van ’n omkoopgeskenk. Versigtig dus vir dinge in die geheim doen. Donkerwerk is uiteindelik konkelwerk, lui die Afrikaanse spreekwoord. Vers 15. Wanneer reg geskied, gee dit regverdiges moed, en ontkrag dit onregverdiges. Vers 16. Verstandigheid – die weg van wysheid – moet voortdurend volgehou word. As jy afdwaal, beland jy uiteindelik in die geselskap van die dooies – “congregations of ghosts” (The Message), die doderyk – waar jou vryheid vir altyd tot niet is.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS