Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 229

Spreuke 21:17-18

Bybelteks(te)

17Wie plesier voorop stel, word arm;

wie lief is vir wyn en lekker kos, word nie ryk nie.

18Jy ruil maklik 'n slegte mens uit vir een wat reg doen

en 'n onbetroubare vir 'n eerlike.

SPREUKE 21:17-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 17 is baie goed vertaal in die 1983-vertaling. Die woord vir “plesier” in vers 17 is dieselfde woord wat in vers 15 vir “bly wees” gebruik word. Spreuke kontrasteer dus twee lewenswyses. Plesiersoekers word vasgevang deur plesier en feesviering. Regdoeners vind daarenteen die blydskap wat plesiersoekers ontwyk. Vers 18. Bykans alle mense verkies eerlike en betroubare persone. Hulle “ruil” maklik ’n goddelose vir ’n regverdige, en ’n onbetroubare vir ’n betroubare een.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS