Skatkis van wysheid – Dag 21

Om ryk te wees in God

Bybelteks(te)

SPREUKE 30

7Net twee dinge vra ek van U;

moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf:

8moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie;

moet my nie arm maak of ryk nie,

gee my net die kos wat ek nodig het,

9sodat ek nie te veel het en U verloën

en sê: “Wie is die Here?” nie,

en sodat ek nie arm word en steel

en my God se Naam oneer aandoen nie.

SPREUKE 30:7-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Net twee dinge vra ek van U; moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf: moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: ‘Wie is die Here?’ nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.” Spreuke 30:7-9

Agur moedig nie rykdom aan nie en verheerlik ook nie armoede nie. Hy bid om van albei bewaar te bly. Dit sê baie vir ons. Alleen die sterk bene kan die weelde dra, maar ʼn mens se bene moet nog sterker wees om die armoede te kan dra. Het ons sulke sterk bene? Watter hoogmoed kan nie uit rykdom kom nie? Watter opstand kan daar nie uit armoede kom nie? ʼn Mens kan bang word daarvoor.

Agur moedig nie rykdom aan nie en verheerlik ook nie armoede nie. Waarom nie? Omdat daar in sy lewe iets is wat bo aardse rykdom en armoede uitgaan. Dit is die vrees van die Here. Agur is ryk in God. Hy ken God as sy getroue Vader. Die Vader wat sy groot genade aan Hom gegee het en na sy welstand omsien. Hierin lê Agur se lewensgeheim. Bo die aardse lewe staan die ewige lewe. Die manier waarop Agur met God praat, is opvallend. Soos ʼn kind met sy pa leef, so leef Agur met God. Dit sou hy vir niks ter wêreld wil verruil nie.

Dit is nogsteeds so. As jy Christus ken, lê jou rykdom in Hom. Jesus Christus het ons armoede op Hom geneem en in ruil daarvoor sy rykdom aan ons gegee. Wie aardse rykdom het, het baie. Maar wie God as Vader het, het alles. Wie aardse armoede mis, mis baie. Maar wie God as Vader mis, mis alles.

Agur bid ook om daarvan bewaar te bly om vals te wees en te lieg. Hy ken homself en weet hoe onopreg sy hart kan wees, ook wanneer hy bid. Daarom moet die Here hom van oneerlikheid bewaar, dat hy kan bedoel wat hy sê en bid.

Agur se gebed is ʼn gebed wat ons kan na bid. ʼn Mens se lewe kan ydel wees, hol en leeg. Ons hart kan vol leuens wees, en ook ons gebede. Daarom kan ons bid: Maak my eerlik en opreg in my gebede.

Bible Society of South Africav.4.29.1
VOLG ONS