Bible Society of South Africa

Saam met God by die werk – Dag 9

Dien God met jou inkomste.

Bybelteks(te)

Die tiende

22“Jy moet elke jaar 'n tiende van die opbrengs van jou gesaaides, van wat op jou land groei, opsy sit: 23jy moet dit in die teenwoordigheid van die Here jou God eet op die plek wat Hy sal kies om sy Naam daar te laat woon. Jy moet die tiende opsy sit van jou koring, jou wyn en jou olie en dan ook nog die eerstelinge van jou grootvee en jou kleinvee, sodat jy kan leer om die Here jou God altyddeur te eer.

DEUTERONOMIUM 14:22-23AFR83Maak oop in die Bybelleser

42Maar ellende wag vir julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van kruisement en wynruit en elke soort kruie, maar verontagsaam die geregtigheid en die liefde vir God. Juis hierdie dinge moet 'n mens doen en die ander nie nalaat nie.

Die arm weduwee se gawe

41Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. 42Daar het toe 'n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd. 43Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. 44Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.”

MARKUS 12:41-44AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. 7Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. 8En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. 9Daar staan ook geskrywe:

“Hy deel uit en gee aan die armes;

hy bly altyd vrygewig.”

2 KORINTIËRS 9:6-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die geld en besittings wat ons bymekaarmaak, kom van die Here af. Daarom behoort alles wat ons besit in die eerste plek aan Hom. Die Bybel gee die riglyn dat ons een tiende van ons inkomste as offer aan die Here moet gee vir die ondersteuning van sy werk. God het ‘n blymoedige gewer lief.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS