Bible Society of South Africa

Saam met God by die werk – Dag 10

Aanvaar jou sosiale verantwoordelikheid.

Bybelteks(te)

16Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.

HEBREËRS 13:16AFR83Maak oop in die Bybelleser

19“Wanneer jy jou lande afoes en jy vergeet 'n gerf op die land, moet jy nie omdraai om dit te gaan haal nie. Dit moet bly vir 'n vreemdeling of 'n weeskind of 'n weduwee. Dan sal die Here jou God jou seën in alles wat jy aanpak. 20Wanneer jy olywe afslaan van jou olyfboom af, mag jy nie agterna weer gaan afslaan nie. Wat agtergebly het, moet bly vir 'n vreemdeling of 'n weeskind of 'n weduwee. 21Wanneer jy jou wingerd oes, mag jy nie agterna weer gaan oes nie. Wat agtergebly het, moet bly vir 'n vreemdeling of 'n weeskind of 'n weduwee. 22Jy moet onthou dat jy in Egipte 'n slaaf was. Dit is waarom ek jou beveel om al hierdie dinge te doen.

DEUTERONOMIUM 24:19-22AFR83Maak oop in die Bybelleser

34“Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, 35want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ 37Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? 38En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

MATTEUS 25:34-40AFR83Maak oop in die Bybelleser

27Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.

JAKOBUS 1:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

17Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here,

en Hy sal hom ten volle vergoed.

SPREUKE 19:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

13As jy jou ore sluit vir die hulpgeroep van 'n arm mens,

sal jý ook nie antwoord kry as jý roep nie.

SPREUKE 21:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê. 17Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees?

1 JOHANNES 3:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Rykdom en voorspoed is nie doelwitte op sigself nie. Volgens die Bybel seën God ons sodat ons – nadat ons in ons eie basiese behoeftes voorsien het – meer sal hê om in ander se behoeftes te voorsien. God plaas die armes, die weeskinders, die weduwees en die vreemdelinge in ons sorg.

Hy sal ons geloof beoordeel aan ons optrede teenoor mense soos hulle. Sosiale verantwoordelikheid is nie net daar om ons openbare beeld te bevorder nie; dis ‘n vereiste vir ware en opregte diens aan God.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS