Bible Society of South Africa

Saam met God by die werk – Dag 8

Rus gereeld.

Bybelteks(te)

1Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop. 2Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. 3Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.

GENESIS 2:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

12“In ses dae moet jy jou werk doen, maar op die sewende dag moet jy nie werk nie sodat jou beeste en donkies kan uitrus en jou werksmense en die vreemdelinge by jou 'n bietjie kan asem skep.

EKSODUS 23:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

21“Ses dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus. Of dit nou ploegtyd of oestyd is, jy moet rus.

EKSODUS 34:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

8“Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. 9Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, 10maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. 11Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.

EKSODUS 20:8-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jy kan ook te veel probeer doen. Jy sloof jou af, verwaarloos jou persoonlike verhoudings en raak vasgevang in ‘n nimmereindigende dolle gejaag. Jy kan later verleer om te rus en selfs skuldig voel wanneer jy nie werk nie. Die ritme van werk met gereelde rustye tussenin is sedert die skepping vasgelê.

Om te kan rus, wys dat jy nie ‘n slaaf van jou werk is nie. Diegene wat hulle nie aan hierdie beginsel steur nie, sal nie enduit kan presteer nie. As God gerus het, waarom sal ons dan nie sy voorbeeld volg nie?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS