Bible Society of South Africa

Saam met God by die werk – Dag 7

Bou goeie verhoudings.

Bybelteks(te)

13“Jy mag nie jou naaste uitbuit of hom beroof nie. Jy mag nie 'n dagloner se loon terughou tot die volgende dag nie.

LEVITIKUS 19:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

14“Jy mag nie 'n huurling wat arm en behoeftig is, laat swaarkry nie, of hy nou al 'n volksgenoot is of 'n vreemdeling wat by jou woon in een van jou land se stede. 15Jy moet hom sy loon nog dieselfde dag gee, voor die son ondergaan, want hy is arm en reken op sy loon. As jy dit nie doen nie, sal hy by die Here kla oor jou en sal jy skuldig wees.

DEUTERONOMIUM 24:14-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Eienaars en slawe

5Slawe, wees gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde, en doen dit met eerbied en ontsag maar terselfdertyd met 'n opregte hart, asof dit vir Christus is. 6Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. 7Al is julle slawe, doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie. 8Julle weet tog dat die Here elkeen sal beloon as hy iets goeds gedoen het, of hy nou slaaf is of vry.

9En eienaars, behandel julle slawe met dieselfde gesindheid. Hou op om hulle te dreig. Dink daaraan dat die Here in die hemel hulle Here en ook julle Here is, en Hy trek niemand voor nie.

EFESIËRS 6:5-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

18Wie sy vyeboom versorg, sal vye hê om te eet;

wie omsien na sy werkgewer se belange, sal daarvoor eer ontvang.

SPREUKE 27:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons hoor dikwels dat werknemers ‘n maatskappy se grootste bate is. Daarom is die verhoudings tussen mense in die werkplek van uiterste belang. Arbeidsonrus en ongemotiveerde werknemers kos die ekonomie jaarliks miljoene rande. Aan die ander kant is goeie arbeidsverhoudings die grondslag van ‘n stabiele en winsgewende organisasie.

Hiervoor is wedersydse vertroue en respek nodig, asook die besef dat almal – werkgewer en werknemer (eienaar en slaaf in die tyd van die Bybel) – onder die gesag van die Here staan. Hy verwag van werknemers om elke dag hard te werk en billike vergoeding te ontvang.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS