Bible Society of South Africa

Saam met God by die werk – Dag 6

Wees tevrede.

Bybelteks(te)

17“Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”

EKSODUS 20:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

7Net twee dinge vra ek van U;

moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf:

8moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie;

moet my nie arm maak of ryk nie,

gee my net die kos wat ek nodig het,

9sodat ek nie te veel het en U verloën

en sê: “Wie is die Here?” nie,

en sodat ek nie arm word en steel

en my God se Naam oneer aandoen nie.

SPREUKE 30:7-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

5voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is. Hulle dink dat die godsdiens iets is om geldelike wins mee te maak. 6Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, 7want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. 8As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. 9Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. 10Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.

1 TIMOTEUS 6:5-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. 17En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe.

1 JOHANNES 2:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” 6Daarom kan ons met vertroue sê:

“Die Here is my helper,

ek ken geen vrees nie:

wat kan 'n mens aan my doen?”

HEBREËRS 13:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

11Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp.

FILIPPENSE 4:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Een van die maklikste strikke om in te trap, is om jouself gedurig te vergelyk met ander wat meer as jy het. Jy voel dan onvergenoeg en bly jaag na meer. So word jy ‘n slaaf van gierigheid en is nooit tevrede met wat jy het nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS